Baie dankie vir die baie interessante tydskrif wat ek elke maand op tyd kry in my posbus. Tye verander en ek wil graag in die toekoms die digitale weergawe van Servamus ontvang. Ek was eers bekommerd dat ek nie die vorige weergawes kan herwin as hulle digitaal gestuur word nie, maar het gesien dit is moontlik. Ek is 'n intekenaar sedert 1986 en wil graag voortgaan om die tydskrif te ontvang.


Die redakteursbrief vir Februarie 2023 is baie treffend, dankie.
Nogmaals baie dankie aan julle span wat die tydskrif vir ons saamstel.

Mag julle net geseënd wees vorentoe.

Kapt H W Storm

[Dis altyd lekker om 'n "dankie" te ontvang, ons waardeer dit. Bly dat jy na meer as 30 jaar steeds 'n Servamus-intekenaar is Kaptein. Ons hoop dat jy die digitale weergawe van Servamus net soveel as die gedrukte uitgawe sal geniet. Red.]