Ek is baie dankbaar dat ek oorgeskakel het vanaf die gedrukte na die digitale uitgawe van Servamus. Dit is aangenaam om my gunsteling tydskrif betyds te ontvang.

Kol Jurie van Staden

[Dankie vir jou kommentaar Kolonel. Die uitdagings met aflewering van Servamus deur derde partye en die sluiting van soveel poskantore landwyd verhoog almal se frustrasies. Gelukkig kan ons intekenaars die digitale uitgawe gedurende die eerste week van die maand in hul elektroniese posbusse verwag en moedig ons hulle aan om die omskakeling na die digitale uitgawe sterk te oorweeg. Red.]